BLATJANG MAYONNAISE HOENDER
Vir elke hoender of agt stukkies wat jy gebruik maak die volgende sous:
½ koppie mayonnaise
1 koppie chutney
1 pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies kookwater
Meng al die bestandele hierbo saam en gooi oor die hoender wat gespice is met Aromat, sout en peper. Sit ook stukkies aartappels en ui in vir die smaak. Indien jy meer hoender neem, maak jy elke keer die sousresep net meer. Dit hang natuurlik af hoeveel sous jy vir jou hoendergereg wil he. Sit die hoender in die oond en bak vir 1uur en 30 minute op 180 °C. Haal die deksel af en braai totdat dit mooi goudbruin is.
Sit voor met basmati rys en garneer