BEESSTERT IN BIER
1,5 kg beesstert, in stukke gesaag
Sout en vars gemaalde swartpeper
Olie en botter om in te braai
2 groot uie, in ringe gesny
500 g wortels. Skoongeskraap en in stukke gesny
2 ml droë tiemie
2 ml droë salie
60 ml koekmeelblom
1 blik (340 ml) bier
500ml beesvleisaftreksel
Voorverhit die oond tot 160°C (350°F). Bespuit n groot oondbak met kleefwerende kossproei.
Geur die beesstert met sout en peper en braai in verhitte olie en botter tot bruin. Skep in die voorbereide oondbak.
Sorteer die ui en wortels tot glansig en geur met die tiemie en salie. Strooi die koekmeelblom oor en meng goed tot sonder klonte. Giet die bier en beesvleisaftreksel by en verhit terwyl gedurig geroer word totdat die mengsel kook. Giet oor die beesstert en bedek. Bak 1 ½ tot 2 uur lank of tot vleis sag is en maklik van die bene af kom.
Dien op saam met stampkoring.
Genoeg vir 6 mense.
Foto en resep: Marie Nieuwoudt








