
GEVULDE WILDSVLEIS RIBBETJIE
Geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout
200 g bees maalvleis
1 knoffelhuisie gekneus
5 ml gekapte tiemie
200 ml appelsap
250 ml gedroogte appelkose
5 ml sout
3 repies spek opgesny
100 g margarien
Meng die appelkose, maalvleis, sout, knoffel en tiemie om ‘n vulsel te vorm. Smeer aan die binnekant van die rib, rol dit op, en bind vas met tou. Plaas die rib in ‘n braai pan, smeer margarien oor die rib en giet die appelsap oor. Bedek die rol met foelie om te verhoed dat dit uitdroog wanneer bak.
Bak vir 2-2 1/2 uur met die deksel op teen 180 ºC.
Bedruip gereeld met die appelsap in die bak.
Sny die tou en sny die vleis in porsies. Bedien met bruin rys en droëvrugte slaai. Geniet hom baie.






