
WILDSVLEIS SKYWE IN WYNSOUS
8 wildsvleis skywe (filet)
25 ml olie
250 g gesnyde sampioene
5 ml worcestersous
25 ml koekmeel
vars gemaalde swart peper
10 ml sout
1 gekapte ui
100 ml rooi wyn of sjerrie
250 ml room of jogurt
5 ml gekapte tiemie
Sprinkel sout oor die vleis skywe. Verhit die olie in ‘n braaipan en saute die uie en sampioene. Verwyder van die hitte en hou warm. Verhit die braaipan en braai die vleis beide kante tot die vleis gaar is. Voeg die uie en sampioene, wyn en worcestersous by. Kook vir ‘n paar minute. Meng die room en meel en giet oor die vleis. Roer die tiemie en peper by. Prut vir 5 min en bedien met rys of noedels
Resep: Rina Kleinhans






