VRUGTE BOBOTIE
500 g maalvleis
1 ui gekap
¼ pakkie fyn spek
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
½ pakkie sampioensoppoeier – droog
1 blokkie vleisaftreksel
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
handvol rosyne
1 piesang, opgsny
1 appel in blokkies gesny
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk die brood in die vleismengsel en voeg die res van die bestandele by. Roer tot die rooi van vleis weg is. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die 2 eiers met melk en giet bo-oor die vleismengsel. Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir ± 30 minute tot bruin.
Om te vries – Bak volgens die resep voor jy dit gaan vries. Laat net afkoel en bedek met plastiek of ‘n deksel, merk die bobotie en vries dan. Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit in die oond by 120ºC vir so 30 min. of in die mikrogolf tot deurwarm.
Resep en foto: Linda Venter








