SUURLEMOEN VLATERT
1 pak tennisbeskuitjies
1 liter medium tot dikkerige vla
1 blik kondensmelk
sowat 125 ml suurlemoensap
Plaas een ry beskuitjies in ‘n reghoekige tert bak.
Giet helfte van die vla oor.
Pak weer ‘n laag beskuitjies.
Giet ander helfte vla oor.
Verdik kondensmelk met suurlemoensap en smeer oor vla laag.
Krummel 1 beskuitjie bo~oor.
Plaas oornag in yskas.
Regtig vinnig en baie lekker..
2de foto: Ronel Boshoff
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/suurlemoenvlatert/#more-3927
Ek het kondensmelk en suurlemoensap 3 van elk gemeng. 2L dik vla gemaak.
Een laag kondensmelk oor beskuitjies gedoen. Weer beskuitjies gepak op kondensmelk.
Afgekoelde vla lekker dik oor geskep.
Krummels dik oorgestrooi.
My weergawe.
FOTO: Ronell Boshoff