
STROOP POFFERTJIES
” Esme en Jan Cronje” op Springbok radio – het ‘n resepte boek van my moeder gekry met ‘n paar goeie resepte daarin, haar boek is in 1966 met die hand geskryf, kom ons kyk.
2 koppies koekmeel
1 ¼ koppie melk
3 eetlepels botter
½ teelepel sout
4 eiers
Kook die melk en botter saam in ‘n potjie en roer die meel en sout vinnig by die melkmengsel tot gaar. Verwyder die deeg van die stoofplaat, voeg die eiers een vir een by en roer goed na elke byvoeging. Bak teelepelsvol van die deeg in warm olie en doop in die yskoue stroop.
Stroop:
2 ½ koppie suiker
2 koppies water
geursel van eie keuse
Kook die stroop die vorige dag. Voeg die suiker en water in ‘n potjie en kook stadig vir 10 min. Laat afkoel. Voeg die geursel by (amandel / suurlemoen / lemoen) en meng deur. Plaas die stroop in die yskas tot die volgende dag.






