

SOUS VIR VIS OF HOENDER ROULADE
RESEP: Charlotte Verwey da Silva
FOOD LOVERS RECIPES
Dis maar my eie konkoksie, maak dit gewoonlik vir funksies….so ek maak dit in groot maat. Werk maar op die volgende:
1 liter Griekse jogurt
500 ml suurroom
375 ml mayonnaise
gekapte knoffel, sout en peper na smaak
Op hierdie mates kan jy ‘n halwe gerasperde komkommer byroer.
Ek het ook al die suurroom vervang met roomkaas. Sous was toe bietjie dikker maar net so lekker!
As jy die sous bietjie suurder wil hê,kan meer mayo of bietjie suurlemoensap bygevoeg word.






