SKOONMA SE KUDU STEAK Skoonma sout en peper haar koedoe steaks, strooi koekmeel oor en braai alkante om te seël (nie gaar nie).
Pak in bak met deksel.
Braai uie in dieselfde pan as vleis.
Maak dan die sous:
1 eetlepel Bisto
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel koekmeel
1 eetlepel tamatiesous
3 koppies water
Giet oor vleis en uie en bak tot gaar in die oond teen 180 ºC.