SEWE MINUTE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao
1 koppie lou water
1 teelepel vanilla
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eiers
¼ koppie olie
Sif meel, sout, kakao, suiker en bakpoeier saam.
Meng geklitste eiers met lou water en olie en voeg vanilla by.
Voeg droë bestanddele by eier mengsel en meng baie goed.
Gooi in gesmeerde bak, en bak vir 7min op hoog in mikrogolf.
Los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.
Versiering:
1 blik Ideal melk
¼ koppie suiker
200 g heelneut sjokolade
Smelt ¾ blik Ideal melk en suiker oor lae hitte en gooi oor warm koek.
Laat die koek heeltemal afkoel.
Smelt die res van die Ideal melk en sjokolade op lae hitte.
Gooi bo-oor koek en smeer tot dit teen die kante afloop.
Genoeg vir meduim koek.
Resep en foto: RINA KLEINHANS
PHOTO: Pam Saal
Bak drie van die koek en sit op mekaar vir ‘n wonderlike koek soos op die tweede foto
Rina Carstens
Wil net se hoe groot sukses is die blog se Mikrogolf 7min sokolade koek. Ek het altwee gebak en toe soos Hilda sou se n bietjie skop ingesit. Ek het dit nou al in lemoen en ook koffie/speserye gemaak dit is nou n ware resep om mee te speel. Dankie vir al die lekker resepte.
Linette White
ek het een mengsel sonder cocoa en een mengsel wit gemaak,met n groot lepel eers chocolate mengsel in middel van bak, dan weer wit in die middel van choc mengsel dan weer choc in middel van wit mengsel gevou en so aangegaan tot my mengsels op is en toe gebak. Bedien met lekker vla
Hierdie is ‘n wenner en regtig so vinnig en maklik… mens kan hom slef maak as ‘n poeding