

SAMPIOEN EN ROQUEFORTSOUS
Ek vertaal nou woord vir woord.
Braai eers die sampioene met botter en olie dis goed vir jou hart.
Dan haal hulle uit en braai die vleis in daai olie en botter.
Wanneer die vleis so half gebraai is, voeg die sampieoene en ‘n glasie wit wyn by. As dit gaar is haal die vleis uit.
Voeg dan ‘n pakkie roquefort kaas by die sampioene en die res van die sous en laat dit smelt. Roer so bietjie, voeg die room by en maak weer warm, moenie laat kook nie en dis dit.
Resep en foto: Brineel Du Toit






