SALSA
1 blik gekapte tamaties
1 klein ui, gekap
1 rissie, gekap (kan die pitte uithaal)
1 lemmetjie se sap
2 knoffelhuisies gekap
½ komkommer, gekap
1 wortel, gekap
vars koljanderblare, gekap
1 eetlepel heuning
sout en peper
¼ teelepel komyn
Pols alles fynner in voedselverwerker. Bêre in yskas. Hou ‘n paar dae goed.
Martie Fourie Moolman







