

RUSSIAN WORSIES
Pastavleis:
320 g beesvleis, geen vet
30 g beesvet, sagte vet (brisket vet die beste)
140 g vark vleis, geen vet
60 g vark spek
Show vleis:
275 g vark vleis sonder senings
275 g vark rug spek (maak seker dis spek en nie vet nie)
Speserye:
1 en 1/3 teelepels fyn koljander
½ teelepel fyn neutmuskaat
1/10 teelepel pimento (‘n knippie)
1½ teelepels knoffel poeier
2 teelepels witpeper
4 teelepels karwysaad, fyn gemaal
1 ½ teelepel sout, ongejodeer (kosher of skottelgoedwasser sout)
3 teelepels uiepoeier
½ teelepel praque # 1 poeier
1/3 koppie soya proteine- ongegeur
100 g ys
32-35 mm vark derms(moenie die sintetiese derm gebruik nie)
Sny alle vleis in 30 mm blokkies, maar moet nie meng nie.
Meng pastavleis saam en plaas in die vrieskas tot baie koud.
Meng show vleis saam in ander bak en plaas in die vrieskas tot amper gevries.
Meng al die speserye en soya saam.
Meng die pastavleis, ys en speserye goed deur.
Maal die pastavleis mengsel 3 keer met jou 4,5 mm plaat, meng elke keergoed voor jy weer maal.
Maal die show vleis deur jou 13 mm plaat, maak seker dis nie gevries nie, maar baie, baie koud.(kan maar begin ys kristalle maak.)
Meng die 2 vleise baie goed.
Stop in derms, nie te styf nie.
Vleg die wors met 150 mm intervalle of so lank soos jy jou russians wil hê. Plaas oornag in die yskas om te stol.
Hang volgende dag in jou oop roker teen 55 ºC tot derm droog is.
Verhoog temperatuur tot 70 ºC en berook tot russian ‘n binnetemperatuur van 68ºC het.
Haal uit die roker en plaas in ‘n ysbad tot russians heeltemal afgekoel het. Verpak en vries.
Resep geplaas deur Piet Pompies
Foto: Brineel Du Toit






