

PIESANG-GEMMERTERT
5 ml gelatien
10 ml koue water
12,5 ml kookwater
1 koppie vars room
25 g/50 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
400 g/2 koppie piesangskyfies
70 g/75 ml fyngekapte ingemaakte gemmerstukke
100 ml sjerrie
37,5 ml gemmerstroop (van gemmerstukke)
200 g gemmerbeskuitjies
geroosterde klapper vir versiering
Sprinkel die gelatien oor die koue water. Week vir 10 minute en voeg daarna kookwater by. Los op. Klits room styf, voeg versiersuiker, geursel en gelatien by en klits dit goed in die room in. Vou piesang en gemmerstukke hierby in. Meng sjerrie en gemmerstroop, doop beskuitjies daarin en pak helfte daarvan op bodem van tertbord. Skep helfte van roommengsel bo-oor. Rangskik ander helfte van beskuitjies bo-op gevolg deur res van roommengsel. Sprinkel klapper oor vir versiering. Plaas in yskas vir +- 2 ure of tot goed gestol.
Resep: Bets Lourens






