

PETRA SE ONFEILBARE VETKOEK
6 koppies meel – koekmeel, broodmeel, fyn of wholewheat
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel botter
1 pakkie droë kitsgis
Sif die meel.
Meng meel, sout, suiker, gis en botter saam.
Meng stadig louwarm water in, meng en knie.
Net genoeg water om deeg te maak, omtrent 1 liter.
Laat iemand anders die water ingooi terwyl jy meng.
Voor jy begin knie smeer jou hande olie.
Knie goed vir 10 minute.
Maak die bol deeg in ‘n bal en smeer die hele bal met olie
Sit deeg in ‘n bak.
Draai die bak toe in n kombers.
Sit in ‘n warm kamer om te rys vir 1 – 2 ure.
Strooi meel op ‘n tafel.
Haal bolletjies deeg af van die groot bol.
Druk plat en pak op die tafel met meel.
Laat dit so 30 minute tot 1 uur staan om weer te rys.
Maak olie warm in ‘n diep pot.
Stoofplaat net 1 stelling kouer as warmste wees.
Laat olie goed warm word voor jy die vetkoek insit.
As die olie ophou borrel, draai die vetkoek om.
Bron: PETRA PRETORIUS






