KOOKWATER VETKOEK
Resep: Petra Pretorius
Foto: Ronel Muller Thoma
2 koppies koekmeel
25 ml suiker
10 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
250 ml kookwater, nie kokend net sterk warm
olie vir vlakbraai
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. (klits die hele tyd en gooi die water baie stadig by terwyl jy klits anders gaan die eiers gaar word 🙂 (mens kan ook die water by die meel mengsel sit en dan die geklitste eier bysit, dit werk net so goed.)
Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Nota Fanie Smit:
As jy baie van vetkoek hou, voeg bietjie suiker en anys by beslag en bak. Dit is nou baie lekker en my gunsteling.
Ronel Muller Thoma:
Hello Rina het vanaand die KOOKWATER VETKOEKE gemaak. Het anys bygevoeg en 1 eetlepel suiker ekstra. Is heerlik en vinnig.









geskuif