
PETRA SE BROODPOEDING
Vir broodpoeding is daar baie resepte, maar die een is van die beste wat ek al gemaak het.
5 dikkerige snye witbrood
1 liter melk
5 eiers
200 g (250 ml) suiker
25 ml vlapoeier
5 ml vanilje geurselkaneel
klontjies botter/margerien
Verhit die oond tot en met 180°C.
Smeer ‘n oondvaste bak van so 30 x 20 x 5 cm.
Sny die broodkorsies dun af en week die snye in die melk tot goed sag.
Maak die brood fyn en voeg dit by die melk waarin dit geweek het.
Voeg die eiers, suiker, vlapoeier en geursel by en klits alles saam tot dit goed gemeng is.
Giet die mengsel in die bak strooi kaneel oor en sit die klontjies margarien bo op.
Bak die poeding ongeveer 30 min of tot gestol.
Dit word stywer namate dit afkoel.
Sit die poeding lou warm voor.
Petra Pretorius







done