OUTYDSE PERSKEBLATJANG
2.75 kg geel taaipitperskes
4 – 6 groot uie
750 ml wit asyn
500 g wit suiker
24 heel kruienaeltjies
24 wonderpeperkorrels
24 swart peperkorrels
10 ml kerriepoeier
7 ml borrie
2 ml rissiepeper
Halveer en ontpit die perskes. Skil die uie en sny dit in stukke op. Maal die perskes en uie grof. Vermeng al die bestandele. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot dik en roer dit gereeld. Bottel die blatjang warm en verseël dit dadelik.








