
OOND-GEROOSTERDE BEET MET ROOM
Ek hou van vinnige, maklike en lekker disse en hierdie is weereens so ‘n dis.
8 beet bolle
sout en peper, na smaak
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel suiker, opsioneel
2 eetlepels heuning, opsioneel
3 eetlepels room
Was die beet goed skoon en sny dit in kwarte (ek skil nie die beet nie).
Plaas in ‘n bakpan en strooi sout, peper, olyfolie en suiker oor die beet.
Bak die beet in ‘n voorverhitte oond teen 200°C vir 45 minute.
Na 23 minute, Verwyder die beet uit die oond en giet die heuning oor en roer deur, bak verder tot gaar.
Giet die room oor die warm beet net voor opdiening.
Resep: Maggie






