ONTBYTSKOMMELDRANKIE
Hierdie skommeldrankie is gemaak deur Lainy Carpenter, eienaar van die Whalesong Lodge in De Kelders. Dit was tydens ‘n Pasella kuier waar ons die konsep -rou kos- ondersoek het. Indien enige van die bestanddele vir jou onbekend is, gaan doen navraag by jou naaste gesondheidswinkel.
2 piesangs
1 koppie amandelmelk
3 eetlepels sade, oornag geweek in water
4 eetlepels neute, oornag geweek in water
8 dadels
3 eetlepels kakaostukkies
1 eetlepel hemppoeier
1 eetlepel macapoeier
Plaas al die bestanddele in versapper en meng tot glad.
Voeg meer melk of selfs water by as dit nie vloeibaar genoeg is nie.
Foto: Lainy Carpenter








