

ONTBYTPIZZA
Spek
Sampioene
Ontbytwors
Peppers (opsioneel)
Kaas
12 eiers
Braai die spek, sampioene en ontbytwors in’n”Teflon”- pan van ongeveer 43 cm in deursnee.
As alles gaar is maar dit gelyk in die pan.
Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte.
Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die kaas gesmelt is.
Sny in pizzaskywe en bedien.
(By hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)
BRON: Marie Rheeder Troskie
Jakes Jacobs
NOTA: Indien verkies kan mens gekoop pizza base onder sit en dan die eiers roereier maak en alles op die “base” skep, stip met mayonnaise en in die oond bak by 200 Grade C tot alles lekker gesmelt is en die base gaar.. ongeveer 15 min.






