

MUFFINS VAN ROOMYS
2 koppies bruismeel
‘n knippie sout
3 koppies roomys enige geur
25ml olie
Bietjie melk vir meng
Smelt die roomys bietjie in die mikrogolf, gooi die olie by en meng. . Meng die bruismeel en sout en maak aan met die roomys. Indien die deeg te styf is, gooi bietjie melk by tot dit ‘n lekker tekstuur het. Skep in die muffin pan en bak teen 180°C vir 15min. Heerlik en vinnig!!!!
WENK: As jy strawberry roomys gebruik, sny bietjie vars strawberries by of bessies
Indien jy gewone sjokolade roomys gebruik gooi bietjie neute en kaneel by, of gebruik die roomys met pepermintstukkies in, anders is die muffins geneig om bietjie “Blant” te wees.
Indien jy ‘n 6 gaatjie muffin pan gebruik , verleng jou tyd na 25min of tot gaar.
FOTO: Rina Kleinhans







geskuif