Stel oond op 180°C, smeer twee los boom koekpanne (20.5cm) en bestrooi met meel. Klop botter en suiker tot romerig, voeg een – een eiergeel by . Sif meel en bakpoeier saam en roer beurtelings met melk by botter mengsel. Skep in panne en maak gelyk. Hou paar okkerneute eenkant vir versiering, kap die res fyn en strooi bo-oor die deeg in die panne.
Klits eierwitte effens, voeg die suiker baie geleidelik by en klop baie goed tot stywe meringue.
Skep op die deeg en bak vir 25 min.
Laat koeke afkoel in die panne.
Klits saam tot styf:
250 ml room
5 ml vanielje
10 ml suiker
Keer die koeke uit en hou meringue bo, smeer room op en sit die ander koek bo-op, smeer die res van die room bo-op en versier met okkerneute. Kan bietjie kakao oor sprinkel vir versiering
Geniet hom, dit is ‘n treffer.
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans
Geskuif
Hierdie is a absolute wenner, lyk baie mooi en is regtig nie baie soet nie. Ons het hom baie geniet en hy is regtig nie moeilik om te bak nie.