MAKLIKE AARTAPPELGEREG
8 medium aartappels
1 blik ingedampte melk
1 pakkie soppoeier [Hoenderroom, sampioen of aspersieroomsop]
2 groot uie
1 knoffelhuisie
250 g spek
Gerasperde kaas
Stoofplaat en Oond
Kook die aartappels in hulle skille tot dat dit gaar is en laat dit dan afkoel. Verwyder dan die skille en sny die aartappels in plat skywe.
Kook die melk en soppoeier saam tot dit dik is.
Braai die ui, die knoffel en die spek saam.
Voeg die bo-genoemde by die sop.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak nou lae aartappel in ‘n oondvaste bak ( pak die skywe oor mekaar regop, soos domino’s wat om geval het) en gooi die sop mengsel oor.
Laastens strooi kaas bo-oor aartappelgereg.
Plaas in die oond tot die kaas smelt en gereg deur warm is.
Geskryf deur Tiaan Louw








