


MAALVLEIS EN RYSGEREG
Resep: Carol elliot Claassen
Foto: Scotty Smith – Hier is hy, net soos die resep. Dit is heerlik.
Resep en 2de Foto: Marika Tegmann
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
250 ml koue water
5 ml sout
2 ml peper
Uie na smaak
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
410 g blikkie minestronesop
285 g blikkie geroomde sampioene
500 ml kookwater
Braai uie in bietjie olie, meng maalvleis, koue water, sout, peper en sit by uie.
Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, sprinkel sop oor, dan sampioene en laaste kookwater. Sit deksel op of foelie.
Bak 1 ½ uur by 180° C .
Marika Tegmann se weergawe:
Ek het 1½ koppie rou rys
1 kg maalvleis
2 koppies water
2 pakkies tamatie paste en
1 Blikkie Room suiker mielies
Maak die maalvleis gaar. Plaas die rou rys in ‘n oond vaste bak. Spoel die rys af. Skep die gaar maalvleis oor die rys. Meng die water met die tamatie paste. Giet die mengsel oor die rys en maalvleis. Skep die room suiker mielies oor. Sit in die oond vir 1½ uur teen 180º. Onthou sout en peper na jou smaak.

Foto: Adam Cloete
Hierdie is ‘n heerlike, maklike en goedkoop vol maag resep, wat jy sommer vêr kan rek. Ek het noodgedwonge aangepas oor bestanddele wat ek nie gehad het nie en het sommer vars gekapte sampioene saam met die vleis gaargemaak, ‘n pakkie sampioensop poeier, aangemaak met helfte die water wat aanbeveel word, gebruik en om op te maak vir die romerigheid, Marika Tegmann se idee gebruik en ‘n blikkie roommielies bo-oor gesit.







Marlene Kotze
Hy werk net so lekker in die mikrogolf. Verminder net tyd na 45 min.