LENSIE SOP MET KLUITJIES
Hier is lekker kluitjies (dumplings) vir sop soos my ouma my geleer het.
KLUITJIES VIR SOP
1 eetlepel botter
¾ koppie water
¾ koppie meel
knippie sout
1 eier
Kook die water en botter saam.
Roer die meel daarby en roer tot daar geen klontjies meer in mengsel is nie, laat afkoel.
Voeg die eier by. Meng goed.
Skep die deeg met ‘n teelepel in die kokende sop.
Plaas deksel op en kook tot sag en gaar. Ek maak die volgende sop altyd daarby. My man en kinders hou baie daarvan.
Ek het nie juis ‘n maat nie. Gooi sommer na gevoel die bestandele in pot.
LENSIE SOP
1 pak oranje lensies
gerasperde wortels, so 6 na 8 groot wortels
2 gerasperde aartappels
2 groot sopbene
1 vleis ekstrak blokkie
1 groot ui, fyn gekap nie gerasper
3-4 rape, gerasper
4 groot tamaties, velletjie afgetrek en pitte verwyder en fyn gekap
1 pakkie tamatie room sop
sout en peper na smaak
Spoel lensies af. Gooi saam met al die bestanddele behalwe die tamatiesop en tamaties in sop pot.
Bedek met genoeg water en kook tot groente amper gaar is. Voeg tamaties by en kook tot gaar.
Maak soppoeier aan met bietjie water en voeg by. Bring sop tot kookpunt en geur met sout en peper na smaak.
Voeg nou die kluitjies in sop en kook tot kluitjies gaar is en sop lekker dik is.
As daar sop oor bly, vries dit. Die sop vries goed. Laat net goed koud word voor dit in yskas of vrieskas gesit word.
Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert
geskuif