LEMOENSTROOPKOEK MET DADELS
1 koppie botter
¾ koppie suurmelk
2 eiers
2 eetlepels versuikerde lemoenskil
½ koppie gekapte neute
knypie sout
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda in melk
1 koppie gesnyde dadels
2 koppie koekmeel
Giet die kookwater oor die dadels. Room botter en suiker en voeg eiers een een by. Voeg dadels, lemoenskil en neute by. Meng laastens meel en melk om die beurt by.
Bak in gesmeerde panne by 180ºC vir 25-30 min. Haal uit oond en giet koue stroop oor
STROOP:
Meng sap van 2 lemoene, 2 teelepels gerasperde skil en 1 koppie suiker, smelt op lae hitte, verkoel en giet oor warm koek.
Ander resep se mens kan stroop warm oorgooi.
Foto: Riki van der Walt – Ongelooflike lekkerte deurdrenk van stroop – ideaal vir nagereg met dun, stomende vla vir die winter!