
KRUMMEL VARKTJOPS
5-6 Loin varktjops
150 ml sonneblom olie
1 groot pak kaas en uie skyfies fyngedruk
foelie
Voorbereide oond van 180 ºC.
Verf die varktjops liggies met olie aan beide kante.
Sny die vetjie liggies af.
Rol tjops in kaas en uie skyfies tot goed bedek.
Pak in oondvaste bak en bedek met foelie. Bak vir 45 min.
Verwyder foelie en bak verder tot mooi bruin.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Geskryf deur: jpetro






