KERRIE VARKSKENKELS
Varkskenkels (hang af van hoeveel mense )
2 teelepels “hot” kerriepoeier
2 teelepels “mild” kerriepoeier
1 teelepel masala
1 teelepel borrie
3 huisies vars knoffel, fyn gekap
1 eetlepel vars gemmer, fyn gekap
1 suurlemoen se sap en zest
2 knippies terragan
1 appel
1 teelepel roosmaryn
1 teelepel tiemie
Sout en peper na smaak
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels tamatiesous
1 teelepel mosterd
1 teelepel Worchester sous
2 koppies soetwyn
3 blokkies hoender “stock”
1 pakkie songedroogte tamaties
klein bietjie sprietuie opgekap
1 rooi soetrissie
1 groot ui, opgekap
Plaas die wyn en hoender stock in groot yster pot, laat warm word. Maak die skenkels skoon en brand haartjies af indien nodig. Kook in sous van pot. Voeg die suurlemoen zest en by die wyn en hoender aftreksel by. Intussen kap die gemmer, knoffel, soetrissie en ui op en voeg by die vleis.
Voeg nou die speserye en kruie by ( tiemie, roosmaryn, terragen, sout en peper.) Terwyl alles in die pot prut, maak die sous solank aan.
Kook die ketel en giet 100ml kookwater in ‘n beker.
Voeg die kerrie, masala, borrie, blatjang, mosterd, tamatiesous en worchestersous by. Meng goed en giet oor die skenkels. Sny een appel en haal binneste gedeelte uit , sny in 4 dele en voeg ook by skenkels.
Skil 4 aartapels en druk binne die sous in. Laat op stoof prut vir 1 uur en plaas oor na oond en bak ‘n verdere 1 ½ uur in oond op 180 ºC.
Kan dit opdien saam rys en groente of stampmielies.
Die resep is “spicy” maar nie oorweldigend nie en kan aangepas word met hoeveelhede van die kerries en masala afhangende van die porsie groote wat verlang word.
Foto: Johann Van Vuuren
(Kerrie varkskenkel pot reg vir die oond.)








