Ann Adam Gilfillan
Ons het al vir so ‘n tema swart vullis sakke oor die tafels gegooi, koerante orals op die tafel gesit, slap tjips en rooiworsies gekoop en als deurmekaar op die tafel uitgegooi. Ons het dan heel brode orals neergesit en bloppe tamatiesous op die tafels gegooi. Die mensies kon dan stukke brood afbreek met die hand, en dit vol tjips en worsies prop en hul eie bunnychows maak. Almal geniet dit gewoonlik vreeslik baie.
Erica Theron
Ek sou koerant papier gebruik vir ‘n tafeldoek en vis en chips of rooi worsies en chips bedien het wat sommer net so op die koerant neergesit word met koeldrank in blikkies wat al bietjie inmekaar geduik is đ
Lida Pieterse
Gebruik kratte vir sitplekke en iewers moet leĂ« drankbottels lĂȘ.
Wilma van Aswegen
Medisyne botteltjies vir sout en peper. Brand net met ‘n warm naald gaatjies bo in.
Petra Pretorius
Moet asseblief nie drankbottels met labels opsit nie, draai die drankbottels in koerantpapier toe, soos wat die hobos maar ook lief is om te doen – geniet dit.
Charmain Bester
In die toegedraaide bottels sit ân sonneblom in met grasse en tafeldoek kan ook hessian wees, ons het bunny chows bedien en dit was heerlik.
Lorinda Carles
Katkop soos hobos uitgeholde brood met chips, hesian tafeldoeke met koerantpapier vir overlays.
Charlotte Verwey da Silva
Vir ‘n centrepiece: Vat ‘n ou geroeste blik en steek dit vol gate maar nie tot onder nie, vat ‘n string batteryliggies en plaas onder in blik, sit nou ‘n stuk rooi of oranje opgefrommelde sellofaan oor die liggies… dit lyk asof jy vuur gemaak het in die blik!







