
HOE OM RESEPTE TE VERANDER NA MIKROGOLF RESEPTE TOE
Marietjie Swart
Ek verstaan nie die punt van om die vloeistof so baie te verminder nie, maar ek weet nie of dit is wat jy aan dink nie Rina, maar ek haal hier aan uit ‘n boek van Ilze Bunting, Boerekos uit die Mikrogolfoond:
Sy se “ek het ‘n National mikrogolfoond en 250 ml water teen kamerteperatuur neem 2 minute en 14 sekondes op volle krag om te kook – gebruik dus die gegewe tye as riglyn want dit is tye wat in my oond gebruik is”
Maak eerder geregte minder gaar as oorgaar, die staantyd aangedui is baie belangrik
Wanneer kleefpastiek gebruik word moet die plastiek geprik word
Alle kossoorte wat ‘n skil het moet geprik word – aartappels in die skil, lemoenpampoentjies, eiergele. Gebruik ‘n naald of tandestokkie
Ronde koeke is geneig om in die middel minder gaar te wees as die baktyd om is. (Ekself weet dat ‘n plastiek tuitpan dikwels baie goed werk)
Om ‘n resep aan te pas vir die miikrogolfoond: Verminder die hoeveelheid vloeistof met die helfte omdat die gaarmaaktyd baie korter is. Verminder die gaarmaaktyd met 25%
Beskou die tye wat aangegee is as ‘n riglyn
Hou altyd ingedagte dat dit ‘n ander manier van voedsel gaarmaak is en dat jy moet eksperimenteer met jou oond
Gebruik geurmiddels en sout versigtig
Luka:
Rina ek verander niks behalwe die gaarmaak tyd. Die resep maak en presies dieselfde maar vat die baktyd en deel dit deur 4. Bv. Iets wat in die oond 40 min moet bak kom dan 10 min in mikrogolf bo op ‘n omgekeerde piering






