

HEINER SE GEGEURDE RYS
90 g margarien
250 ml rou rys
750 ml kookwater
5 ml geuropwekker (aromat)
30 ml tamatiesous
10 ml vrugteblatjang
5 ml droë pietersielie
3 ml gemengde kruieSmelt die margarien in ‘n kastrol en voeg die rys by.
Braai die rys oor matige hitte totdat minstens 75 % van die rys gepof is.
Giet die kookwater oor en roer die res van die bestanddele by.
Sit die deksel op en kook die rys 15 minute lank.
Verwyder die deksel en kook tot die rys droog is.
Sit warm voor.
Resep: Heiner Lange
Foto: James Gillespie







JAMES GILLESPIE
Mag ek net se… Ek sal NOOIT weer rys op enige ander manier maak nie. Dit is fantasties! Ek bedien vir middag ete die rys saam met peri peri beef repies..