HEERLIKE SJOKOLADE SOUSKLUITJIES
Resep: Petra Pretorius
Foto: Piet Pompies
FOOD LOVERS RECIPES
Meng die volgende bestanddele saam in ‘n mengbak:
1 koppie (250 ml) koekmeel
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
2 eetlepels (30 ml) suiker
2 eetlepels (30 ml) kakao
½ teelepel (2.5 ml) sout
Vryf dan 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien by die droë bestanddele in.Klits 1 eier en 100 ml melk met’n vurk saam en meng dit deeglik by die meel- en margarienmengsel.
Bring intussen 4 koppies (1 liter) water in ‘n kastrol tot kookpunt.
Jy kan 1 teelepel (5 ml) kaneel en 6 kardemompeule se fyn gekapte sade byvoeg vir ekstra geur.
Doop’n lepel in die pruttende water, en skep dan lepel-vir-lepel die deeg in die kastrol.
Plaas die deksel op en kook 10 minute – sonder om een keer die deksel op te lig.
Skep die kluitjies in ‘n opdienbak uit en plaas ‘n deksel op.
Maak die sous deur:
2 eetlepels (30 ml) kakao met van die vloeistof in die kastrol te meng tot ‘n paste, voordat jy dit byvoeg by die res van die vloeistof in die pot.
Voeg ook 1 koppie (250 ml) donker bruinsuiker en 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien by.
Roer en bring dit tot kookpunt. Prut vir 1 – 2 minute totdat die sous dik is en ‘n mooi glans het.
Hou van die sous uit in ‘n sousbekertjie en giet die res oor die kluitjies.
Bedien met roomys indien jy dit so verkies, maar natuurlik met ekstra sous.









geskuif