GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADEKOEK
3 eiers (geskei)
2 koppies bruin suiker
2 koppies koekmeel
3/4 koppie kakao
1 koppie karringmelk
1 koppie sterk swart koffie
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie olie
15 ml vaniele ekstrak
15 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
Versiersel:
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie botter, kamertemperatuur
1/2 koppie room
2 koppies versiersuiker
3/4 koppie kakao
5 ml vanielje ekstrak
Verhit die oond tot 180*C.
Spuit 2 koekpannevan 22cm deursnee met Spray-‘n-cook en voer uit met bakpapier
Skei die eiers, klits eierwitte styf en hou eenkant
Klits eiergele, suiker en vanielje ekstrak tot lig en romerig
Meng al die droe bestanddele saam.
Meng warm koffie, grondboontjiebotter en olie
Voeg meelmengsel en koffiemengsel om die beurt by eier mengsel.
Meng goed.
Vou nou eierwitte in.
Laastens vou bakpoeier en koeksoda by.
Verdeel beslag tussen die 2 koekpanne en bak 35 tot 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Haal koeke uit die oond en laat afkoel vir 15 minute voor jy die koeke omkeer.
Laat heeltemal afkoel voor versier.
Versiersel:
Klop botter, grondboontjiebotter en vanielje ekstrak tot lig en romerig in elektiese klitser.
Voeg versiersuiker en kokao om die beurt by en hou aan klits.
Voeg laastens die room by en meng goed.
Versier die koek en geniet!
Foto en resep: Louise Venter
geskuif