

ETHA SE VERKOPING FUDGE
My resep wat ek maak om te verkoop is:
60 g margarien
15 ml goue stroop
2 ml kremetart
1 koppie koekmeel
6 koppies suiker
1 blikkie melk
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla geursel
Smelt margarien en gouestroop saam oor lae hitte. Voeg die koekmeel, suiker, melk, kondensmelk en kremetart by.
Kook tot sagtebal stadium. Haal van hitte af en roer vanilla by.
Vandat ek die suiker en res bygevoeg het kook ek dit omtrent 35 minute op 4.
Dit is ‘n groot resep ek kry so 77 klein blokkies in my fudge pan.
Ek hoop dit help vra maar as jy nog sukkel.
Resep en foto: Etha Burger







done