Shelene Buchfinck
Kondensmelk
Die kinders hier mal oor dit.Hul trek dit op in n spuit wat jy by die apteke koop en verkoop dit so en daarna kan die kinders nog met die spuite agterna ook speel.
Ingrid Hlasek
Handskoene met Nickerball
In elke vinger, maak vol met popcorn, knoop toe met rekkie.
Fear Factor Sweets
Banksakkies met groen jellie en so twee sourworms in, pilhouertjies met rooi jellie en paar gaar ryskorreltjies in, lyk soos maggots, of rosyntjie, lyk soos vlieg.
Halsband en Leiband
Vat bloudraad, knip beeno beentjie uit karton maak vas aan halsband met toutjie – imaginary pets.
jy kan die kondensmelk kleur met koekkleursel, sit jellietot op punt, dan loop dit nie uit, altyd eerste uitverkoop.
Adel Simpson
Spring Kasteel
Een van die mamas by my kind se skool huur a spring kasteel. Vra R10 per kind en gee dan a stempel op sy hand en dan mag hy die heeldag spring.
Ellin de Bruyn
Marshmellows
Wat aan sosatie stokkie geryg word, gedoop in baking choc sprinkles oor. Werk altyd
En wat van Toffie apples?
Gerda du Plessis
Smelt Marshmallows op Mariebeskuitjies .
Almal is mal daaroor of doop 4-5 marshmallows op ‘n sosatie of so 2 op ‘n tandestokkie in sjokolade, steek dit in polistireen blok, tot in die hoërskool is dit ‘n treffer.
Gerda du Plessis
Springmielieballe
Met gesmelte marshmallows, makliker as die stroop balle.
Gerda du Plessis
Eie Sherbet
Gooi dit in roomyshorinkies en smelt ‘n marshmallow bo-op in die mikrogolf om dit te seel, sit dit in ‘n boks met gate in, regop in die mikrogolf en gooi hundreds en thousands, sjokolade sprinkels ens. op as dit uitkom.¨
Elsa Traut Loots
SHERBET
500 g versiersuiker
28 g wynsteensuur
35 g koeksoda
Meng saam en eet!
Gerda du Plessis
Elsa jy gooi daai sherbet in ‘n leë roomyshorinkie (cone) wat staan in ‘n boks met gate in, sit ‘n marshmallow bo-op en dit in die mikrogolf dat die marshmallows smelt en as dit uitkom gooi sjokolade of hundreds en thousands op vir partytjies of skool verkopings. Wenner
Piesang Jogurt Ysies
Baie lekker en gesond vir die kindertjies!
500 ml onversoete bulgariese joghurt
500 ml laevet melk
4 piesangs (baie ryp)
5 ml vanilla geursel
100 ml heuning
Verwerk in elektriese menger tot glad, giet in ysie houers. Vries oornag en geniet! Piesangs kan ook met ander vrugte vervang word, aarbeie of perskes werk goed.







