

EENVOUDIGE BUTTERNUT SOP
Die sop is baie eenvoudig.
1 groot ui, opgesny
½ koppie botter
1 groterige butternut, ook opgesny in blokkies
1 bakkie maaskaas, gewoon
3 hoenderaftreksel blokkies
750 ml kookwater
Speserye na smaak, geen sout nie. Die hoenderblokkies en botter het genoeg.
Ek sit gewoonlik roosmaryn in wat ‘n baie lekker smaak daaraan
gee.
Braai die uie en roosmaryn in die botter tot sag (nie brand nie).
Los die blokkies op in die kookwater.
Voeg die water by die uie en dan voeg jy die butternut by.
Laat so kook totdat die ‘butternut’ sag is.
Voeg die maaskaas by.
Alles moet nou saam versap word.
As dit te dik lyk, voeg net nog so bietjie kookwater by.
Draai hitte af tot laag, moet nie laat kook nie, hou net warm.
PS: As jy nie ‘n versapper (liquidizer) het nie, gebruik jou masher






