

CHICKEN LICKEN SPICY RICE
genoeg vir 4 mense.
2 koppies tastic of uncle Bens longgrain rice
4 koppies kookwater met of ‘n chickenstock blok in opgelos
1 groot ui gekap
½ rooi paprika
½ groen paprika
1 knoffel huissie fyn gesny of gepars
¼ koppie klein gevriesde ertjies
¼ koppie mielie pitte gevries
1 groot rooi tamatie geskil en gekap
½ koppie soya mince of bacon bits fyn gekap.
10 ml Robertson rice spice of enige ander rice spice
2,5 ml rissiepoeier ( optional)
sout en peper na smaak
2,5 ml roosmaryn droog of twee takkies
2 ml borrie
2 ml neutmuskaat
Braai uie en bacon/ soya tot bruin en braai die rys nou ook saam tot rys bietjie begin bruin word en voeg die paprika, mielie, knoffel en alle spices by behalwe as jy vars roosmaryn gebruik, braai kort saam
Voeg al roerende en van die hitte af die stockwater bietjie vir bietjie by PASOP dit kan spat.
Roer alles goed deur en sit nou die vars roosmaryn takkies bo op.
Kook tot rys gaar en droog is, roer weer deur en haal die takkies uit. Laat met deksel op ‘n rukkie staan tot koud.
Maak net voor julle dit wil eet warm in ‘n wokpan of in mikrogolf. Hoe langer jy hom laat staan hoe meer spicy hy word. Maar as jy hom wil oornag staan sit in koelkas of jy kan hom vries vir n vinnige maaltyd!!
Resep: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot






