

CHARLOTTE SE SJOKOLADE BROWNIES
Het die al baie gemaak vir troues en funksies en glo my, niemand sal kan raai dat hier nie regte sjokolade in is nie!!
175 g margarien/botter
375 ml suiker
3 eiers
2 teelepels vanilla geursel
187,5 ml koekmeel (¾ koppie)
125 ml kakaopoeier
5 ml bakpoeier
knippie sout
Smelt die margarien, klits eiers en suiker saam. Voeg vanilla, meel, bakpoeier, kakao, sout en gesmelte margarine by. Skep in gesmeerde pan en maak gelyk, bak by 180 ºC tot toetspennetjie skoon uitkom (bak nie lank!) Strooi versiersuiker oor.
BROWNIE VERSIERSEL
6 eetlepels melk
6 eetlepels margarien (kamertemperatuur)
1 ½ koppies wit suiker
1 koppie gebreekte sjokoladeblokkies
5 ml vanilla geursel
Meng melk, margarien en suiker saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Laat stadig kook vir 30 sekondes en verwyder dadelik van plaat. Voeg sjokoladestukkies en vanilla by en roer tot glad en sjokolade heeltemal gesmelt is. Skep dadelik oor warm brownies en sny dan in blokkies.
Resep: Charlotte Verwey da Silva







Geskuif