

CAROL SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
(+- 10 Dosyn)
8 koppies koekmeel
250 g botter
1 koppie suiker
1 eier
500 g gouestroop
4 teelepel fyn gemmer
¾ eetlepel koeksoda
½ koppie melk
½ teelepel sout
Klop die botter en suiker saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier by en meng deeglik. Voeg die gouestroop by. Sif die meel, koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Meng alles goed saam en knie tot dit ‘n gladde stywe deeg vorm. Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in ‘n matige oond 180º C.






