

BROS PLATBRODE
1,5 kg witbroodmeel
15 ml sout
1½ pakkie kitsgis
2 ekstra-groot eiers
600 ml melk
300 ml water
60 ml botter, gesmelt
droë kruie, sout en vars peper na smaak
Voorverhit die oond tot 220°C en smeer ‘n bakplaat met botter of bespuit liggies met kleefwerende kossproei. Sif die meel en sout saam. Sprinkel die gis oor en maak ‘n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot ‘n deeg. Knie die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Bedek met ‘n klam doek en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume. Knie die deeg af en en knie weer goed. Breek stukke van die deeg af en rol baie dun uit met ‘n rolstok tot dun plat sirkels. Verf met gesmelte botter en sprinkel kruie, sout en peper oor. Bak 5-7 minute lank tot ligbruin en bros. (Anders kan jy die brood bak tot net gaar, weer met olie smeer en dan net liggies onder die roosterelement rooster tot ligbruin.) Breek in stukke en sit vooor saam met doopsouse. Lewer omtrent 35 platbroodjies
BRON: Onbekend






