BROCCOLI KASSEROL
1 kg gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper.
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips) .
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise. Roer die kaas, uie en peper daarin. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 ºC tot die sous borrel – omtrent 30 minute. Bedien 6 persone. Geniet
Resep: Carol Elliot Claassen








