BOTTERSKORSIE GEBAK
Hier is ‘n wenner vir jou! Genoeg vir een bain marine en vreeslik lekker, het dit Saterdag gemaak vir die 21st.
Genoeg vir 40-50 mense
4 pakke botterskorsies
4 pakke murgpampoentjies
6 pakkies bruin uie soppoeier
2 liter room gemeng met 500 ml melk
500 g cheddar kaas, gerasper
Sny botterskorsies in groot stukke, murgpampoentjiesin 3 gesny. Meng soppoeier en botterskorsies in aparte skottel, gooi in gespuite bain marine. Gooi die room mengsel bo-oor, strooi kaas bo-oor. Trek foil bo-oor.
Bak 4 ure in oond by 180°C.
Vreeslik lekker!!!
Resep: Peggy Devine







