

SOET PATAT ROLY POLY
Rol een blaardeeg dun uit, rasper rou patat mildelik oor deeg, sprinkel kaneelsuiker lekker dik oor, rol nou die degie op soos roly poly en sny jou 1-2 cm ringerjies, pak in vuurvaste bak en maak sousie aan.
Meng die volgende saam:
1 kannetjie room
3 teelepels kaneelsuiker
½ koppie melk
Giet die sous oor die ringetjies en bak so 30 min by 180ºC , lekker soos poeding
Resep: Marcel-Rounel Siecker






