ROLINE SE KARRINGMELK BESKUIT
1 kg bruismeel
5 ml bakpoeier (1 teelepel)
10 ml sout (2 teelepels)
2 eiers, geklits
190 ml suiker (¾ koppie)
190 g margarien, gesmelt
500 ml karringmelk
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klits die eiers, karringmelk en suiker saam.
Voeg die eiermengsel in die droë bestanddele in.
Knie liggies en voeg die botter bietjie vir bietjie by terwyl geknie word.
Maak bolletjies van die deeg en pak in broodpanne.
Bak dadelik in die oond by 180°C vir 50 minute.
Keer uit, breek in stukke en droog uit.
VARIASIE: Gebruik ‘n vol koppie suiker en 1 koppie klapper en bak in brood panne soos brood, sny dan beskuit en droog uit.
Resep: Roline De Beer
foto: Linda venter








