RABARBAR BIER
15 stingels, was net af moet nie skil, sny in blokkies
2.5 kg suiker
1 groot eetlepel wynsteensuur
5 liter kookwater
25 ml suurlemoengeursel
10 g korrelsuurdeeg
Meng alles in groot plastiese emmer.
Laat afkoel.
Voeg 10 g suurdeeg opgelos in bietjie lou water by sodra mengsel liggaamshitte bereik.
Laat staan oornag. Syg deur en bottel. Plaas in yskas.
Die resep kan met sukses halveer word.
Het die resep by ‘n ou dame gekry vir wie ek ‘n rabarbar plantjie gegee het.
Bron: Elmarie de Bruyn








