


MOSTERDRING
4 eiers
250 ml water
125 ml asyn
150 g wit suiker
15 ml gelatien
15 ml mosterpoeier
2 ml borrie
1 ml sout
250 ml room
Klits die eiers in die boonste deel van’n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie,en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mensel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in.Giet in dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit is of met koue water uitgespoel is, plaas in yskas om te stol. Ontvorm die ring op ‘n mooi slaaibord en vul en garneer dit soos verkies dit is baie lekker hoor.
Foto en resep geplaas deur Philip Theron Snr
2de foto deur Leanne Thurston Coetzer







Leanne Thurston Coetzer
Die mostertring is so lekker die vandag na ‘n nag in die yskas, was heerlik gisteraand maar vandag sommer nog lekkerder