LEKKERSTE STEAKS
Geur steaks (tenderised steaks) met aromat, peper en suurlemoensap.
Rol dit in ‘n bietjie meel aan weerskante.
Braai in ‘n bietjie olie in ‘n pan tot bruin. Haal af van stoof.
Braai in dieselfde pan ‘n klomp fyngekapte uie en sampioene tot gaar.
Meng ‘n pakkie sampioensop met ‘n houertjie room en bietjie melk en gooi oor die uie- en sampioenmengsel in die pan.
Laat dit prut tot die sous dik is. Gooi oor die steaks, sit dit in ‘n oondbak en bak teen 160ºC vir ‘n uur.
Plasing: Marie Troskie Rheeder
Foto: Charmaine Du Toit Meldrum en Marlize Williams
2 thoughts on “LEKKERSTE STEAKS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Marlize Williams
Heerlik! Sal dit defnitief weer maak.
Charmaine Du Toit Meldrum
Het vanaand die “Lekkerste Steaks” resep probeer – ongeloooooooflik lekker!!!!! Sommer op mash bedien met ‘roasted’ patat en heerlike groenbone. Liplek lekker!!!!!!