INDIESE RYSSLAAI MET PERSKE
500 ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
klein blik perskes, in blokkies
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout
Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap.
Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.
Laat staan oornag in yskas en dien op.
Nota: Hier is ‘n beter foto. Die sous het maar ‘n bietjie baie gelyk – toe roer ek maar nog ‘n paar lepels rys by. Die koljander het die smaak baie mooi afgerond. Dis ‘n baie lekker slaai hierdie!
Foto en kommentaar: Wayne Dugmore
geskuif