
INA SE GEPRIKTE HEELVYKONFYT
5 kg ongeskilde persvye
gelyke maat suiker
1 liter water
stukkie gemmerwortel
Prik vye, sny die steeltjies af en laat oornag in water met 3 eetlepels koeksoda staan.
Dreineer die koeksodawater die volgende dag af.
Kook met skoon water vir so 7-10 minute. Dreineer die water af.
Kook die vye, suiker, gemmer en liter water tot die stroop dik genoeg is.
Bottel warm. Hemels.
Resep geplaas deur Retha Schneider Venter






